Doel
‘n Goeie plaashek dien die doel waarvoor dit ontwerp is. Die boer met ‘n balans vind tussen koste en kwaliteit. Gebruik byvoorbeeld ‘n swaarder, sterker in hoë druk areas of met groot vee. Gebruik ‘n meer ekonomiese hek in laer druk areas of areas met kleiner vee. Gebruik ook spesifiek gemaakte hekke in klein areas soos beeskrale, skaapkrale, varkhokke, ensovoorts.
Verskillende hekmodelle
Van Schoor vervaardig 2 tipes plaashekke – W tipe en H tipe. Die W tipe is die gewone sterk plaashek. Die H tipe is ‘n meer ekonomiese opsie. Binne die W en H hek modelle is daar verskillende raam diktes beskikbaar: Vanaf 32mm tot 43mm. Kies die regte hek vir die doel waarvoor dit gekoop word.
Skaniere
Kyk na die kwaliteit en die dikte van die oogboute wat dien as ‘n plaashek se skaniere. Van Schoor glo in 20mm oogboute op alle plaashekke langer as 2.4m. Ander verskaffers gebruik 16mm of kleiner, maar ons glo dat ‘n sterk skanier kardinaal is om ‘n lang lewe uit die hek te kry.
Raam dikte
Die dikte van die raam verleen stewigheid aan die hek. Die raamdikte moet ook in proporsie wees tot hekgrootte. Daar is ‘n minimum raamdikte as dit by baie lang hekke kom.
Raam ondersteuning
Die staal pyp binne die hek (gewoonlik in W vorm) verleen verdere stewigheid aan die raam. Dit word stewig gesweis binne die raam en moet in proporsie wees met die raam self. Kyk dat die hek dus stewig en in proporsie lyk.
Plaashek galvanisering
Meeste plaashekke word van vooraf gegalvaniseerde staal gemaak. By elke lasplek of snyplek moet die hek met “cold galvanizing” behandel word. Sekere vervaardigers verf net eenvoudig hierdie plekke toe en dan is roes baie vining sigbaar. Van Schoor doen “cold galvanizing” op al die geaffekteerder areas en spuit daarna ‘n lagie verf oor vir kosmetiese redes. Dit is die beste roesbeskerming moontlik
Staaldikte
Die dikte van die raam is sigbaar en kan gesien word, maar die dikte van die staalwand is waar meeste vervaardigers kanse vat. By Van Schoor word alle hekrame van 2mm dik staal gemaak. Ons glo ook dat die dikte van die raam ondersteuning staal ook 2mm moet wees tensy die hek korter as 2.5m is.
Die dikte van die staal is nie sigbaar na vervaardiging nie. Die boer kan egter die dikte bepaal deur sommer die hek op te lig en die gewig te voel. ‘n Swak gemaakte hek met 1.6mm of selfs 1.2mm staal se gewig sal hom dadelik weggee.
Span van draad
Dit is die span van die draad wat ‘n gesoute hekmaker onderskei van die res. Draadspan by ‘n hek is ‘n absolute kuns wat minimum ‘n jaar van praktiese opleiding benodig om te vervolmaak. Om ‘n Van Schoor hekdraadspanner te sien werk is iets wat jou altyd sal bybly. Die tipe draad wat gebruik word, die span volgorde, die spanning op draad en hekraam en die stewigheid van die finale produk is iets wat ‘n Van Schoor plaashek onderskei van einge ander hek in Suid-Afrika. Die boer sal dit ooglopend kan sien en voel as hy ‘n ander hek langsaan sit.
Sweiswerk
Die gebruik van die regte sweistoeristing met ‘n ervare sweiser maak ook ‘n groot verskil. Van Schoor gebruik die beste toerusting en ons personeel kom al geslagte aan en dit maak ‘n groot verskil om sterk en netjiese sweiswerk te doen. Kyk gerus die sweiswerk van ‘n hek deeglik deur.
Buigwerk
Van Schoor gebruik die beste buig toerusting vir die buig van die staalpype. Dit verseker ‘n egalige buig met minimum of geen vervorming van die staal nie. ‘n Swak buig verswak die hekraam se stewigheid en kan oor tyd knak.
Samevatting
‘n Duursame plaashek wat sy doel dien, betroubaar is en lank hou is wat elke boer wil hê. Daar is baie hekvervaardigers in Suid-Afrika maar daar is min wat weet wat hulle doen en nog minder wat deurlopend die hoogste standard nastreef.
Baie verspreiders verkoop plaashekke slegs op raamdikte, maar slaan nie ag op om die dikte van die staal of die ander kwaliteits aspekte soos hierbo genome nie. Wees versigtig daarvoor en vra die regte vrae.
Die beste metode vir ‘n boer om hekke te vergelyk is om self te kyk en voel. Sit hulle langs mekaar neer en vergelyk op ‘n appels teen appels basis. Byvoorbeeld ‘n 34mm plaashek van Van Schoor teenoor ‘n 34mm plaashek van n ander vervaardiger.
Nuutste Opmerkings