Beveiliging van plaaseiendom en die plaaswerf is deesdae ongelukkig ‘n onderwerp wat nie geïgnoreer kan word nie. Daar is soveel opsies om van te kies en verder is daar soveel raadgewers, dat dit moeilik is om te weet wat presies om te doen. Aangesien elke boer se omstandighede anders is, is daar ook nie een antwoord wat vir elke boer pas nie.
Kostes
Hoe maak mens die regte besluit en hoe hou mens jou kostes laag? Deur self betrokke te wees, navorsing te doen en self jou plan uit te werk gaan jy altyd ‘n beter oplossing vind. Daarby moet die boer probeer om soveel as moontlik van die installasiewerk self te doen. Gebruik jou werkers om pale te plant, drade te span en elektriese kabel hegstukke self aan die paal te heg. Gebruik dus die arbeid waaaroor jy reeds beskik. Moenie die hele projek uitkontrakteer aan ‘n enkel verskaffer nie. Koop self jou pale, draad, sement, hegstukke, ensovoorts by betroubare verskaffers. Dit sny die kontrakteur se marge uit. Gebruik kontrakteurs slegs op die gedeeltes waarvoor jy nie kans nie. Byvoorbeeld die elektriese gedeeltes.
Esteties
Nog iets wat in die pad staan van beveiliging is hoe dit lyk. Die ooptes en die vryheid op ‘n plaas is iets wat mens nie wil prysgee nie. Tog wil mens ook rustig slaap. Die antwoord is dus om ‘n balans te vind tussen veiligheid en ‘n mooi plaaswerf. Balans beteken ook om veiligheid op die mees koste effektiewe manier te vermag
Balans kan dus beteken dat die werf ‘n ander tipe heing het as die pakstoor. Dit kan ook beteken dat die voorkant van die werf swart pale het met elektriese heining het en die agterkant gegalvaniserde pale met lemmetjiesdraad as versperring.
Veiligheid
Daar is verseker geen oplossing wat 100% gemoedsrus kan koop nie. As ‘n misdadiger wil inkom sal hy ‘n manier vind. Wat jy wil koop is tyd. Jy het ‘n waarskuwing en genoeg tyd nodig om te reageer om jou gesin te beveilig deur jou wapen te kry, die plaaswag in te roep op die radio, die honde uit te laat, ens totdat die plaaswag opdaag.
Opsies
Hier volg ‘n paar opsies wat fokus op die fisiese versperring en wat in kombinasie met ander middels soos alarms, kameras, spreiligte en “beams” gebruik kan word.
Staal pale en stutte van verskillende lengtes en diktes
Jou basis moet reg en sterk wees. Dit help nie jou pale is te dun en kan maklik omgedruk of omgery kan word nie. Gegalvaniseerde staal pale gaan jou ‘n leeftyd hou en is ‘n goeie belegging.
Dit word 600mm diep met sement geplant.
Dit is maklik om die pale te plant. Jy hoef nie ‘n spesialis te wees om hierdie pale te plant nie.
Stuur ‘n skets van die terrein en Van Schoor kan presies uitwerk watter hoeveelheid van watter diktes jy benodig.
Hierdie pale is die basis van jou draad of “razor mesh” versperring. Hierdie pale is ook die basis van jou elektriese drade indien jy dit wil gebruik.
Swart pale met swart weld mesh draad
Hierdie gegelvaniseerde pale is swart geverf. Dit skep ‘n modern en netjiese voorkoms. Moenie ongegelvaniseerde pale koop wat net geverf is nie. Dit gaan nie hou nie
Spaar kostes deur die pale self te verf ‘n paar jaar nadat dit geplant is.
Let op die oorhang is reguit en nie skuins nie.
Hegstukke vir Elektriese draad
Plastiek hegstukke vir elektriese draad word met “self drilling” skroewe aan die pale geheg.
Die taak om hierdie hegstukke op die paal aan te bring is maklik, maar tydrowend en is daarom duur.
Dit is ‘n klassieke voorbeeld van hoe ‘n boer kan spaar deur eerder sy eie werkers in te span.
Jy kan ook self besluit hoe vêr jy die elektriese drade van mekaar wil hê.
Jy kan ook self jou navorsing doen en hegstukke teen die beste pryse koop.
Draad binne en elektries buite
Die fisiese plus elektriese versperrings in kombinasie gee vir jou uitstekende beveiliging.
Dit gaan moeilik wees om draad te knip as jy jou arm deur die elektriese drade moet steek.
Met elektriese drade aan die buitekant kan die honde ook die binnekant patroleer.
Eerste prys is dat die misdadiger nie kans sien vir die risiko nie.
Tweede prys is dat hy in sy poging om deur te kom die alarm aktiveer voordat hy nog by die binnedraad kom.
Heining met oorhang en met plastiek bedekte diamand draad
Kyk hoe die groen van die plastiek die draad verbloem en mens eintlik dwarsdeur dit kyk.
Plastiekbedekking is duurder maar maak ‘n groot verskil in hoe dit lyk.
Groen en swart plastiek bedekking is beskikbaar
Oorhange (die gedeelte bokant die draad)
Reguit of regop oorhang op die foto regs. Dit gee 450mm addisionele paal lengte om elektriese, lememtjiesdraad of doringdraad te installeer
Die reguit oorhange is meer modern
Die skuins oorhange is baie effektief
Insetsel: skuins oorhang
Nuutste Opmerkings