Kry ‘n kwotasie
Oor ons
Van Schoor het meer as ‘n eeu se ervaring in die ontwerp, produksie en verspreiding van top gehalte diere toerusting, hekke en omheinings materiaal. ‘n Van Schoor produk kan ‘n leeftyd hou as dit goed opgepas word.
Van Schoor produkte is ontwerp en gemaak vir eg Suid-Afrikaanse omstandighede. Die plaas se behoeftes, die dier se gedrag en ons unieke omgewing het ons produkte oor die jare beproef en geskaaf tot waar dit vandag is.
Ons verstaan die behoeftes en verwagtings van die boer en besigheidsman. Ons produkte is beskikbaar by meeste kooperasies in die Weskaap. Ons vervaardig self al die komponente
Skakel gerus ons ervare personeel om u van hulp wees met die keuse tussen produkte asook die ontwerp.
Geskiedenis
In die laat 1800’s het Melt Cornelius van Schoor en sy seuns ‘n hoefsmid en wa-maker besigheid op Stellenbosch besit. Gedurende 1910 het Melt Marthinus Johannes van Schoor sy eie smidwinkel in Philadelphia begin, hoofsaaklik om herstelwerk aan wawiele, perdeskoene en ander smidsdienste te doen.
In 1926 is dit oorgeneem deur sy seun, Mnr Johannes van Schoor (“Oom Mike”) wat plaas hekke, water trogge en ander staalprodukte ontwerp en vervaardig het.
Gedurende 1965 is ‘n privaatmaatskappy M J van Schoor (Edms) Bpk gestig en is daar behoorlike vervaardigingsfasiliteite opgerig en produklyne uitgebrei. In 1984 het die voormalige Sentrale Koöperasie, Boeresake, die maatskappy oorgeneem en dit as ‘n afsonderlike filiaal bestuur.
Teen die einde van 1993 het Vivian Kriel die maatskappy oorgeneem en dit weer as familiebesigheid bedryf. Hy het die besigheid weer herfokus op landbou-aktiwiteite, gehaltestandaarde verbeter en ‘n kultuur van dissipline gevestig.
Vivian het in 2019 afgetree en Conrad Rademeyer het oorgeneem as die nuwe eienaar met ‘n visie om die hoë standaard van vakmanskap en diens te handhaaf, te innoveer en te lei in die vinnig veranderende landbou- en nywerheidsomgewing met produkte en dienste waarop daar staatgemaak kan word.