Loopbane - Vanschoorgate
Taai, bekostigbaar, betroubaar.

+27 21 972 1614 of +27 64 789 3660

info@vanschoorgate.co.za

4 Van Schoor Street, Philadelpia

Beskikbare Loopbane 

Tegniese verkope spesialis

 

Van Schoor is ‘n gevestigde en betroubare naam in die ontwerp en vervaardiging van kwaliteit landbou produkte. Die besigheid is in privaat besit en die fabriek is geleë in Philadelphia, tussen Durbanville en Malmesbury. Van Schoor is ‘n leier in gegalvaniseerde staal toerusting vir vee asook alle tipes staal hekke. Van Schoor is bekend vir sy produktgehalte, betroubare diens, en goeie waardes en standaarde.

 

Die pos:

Die pos rapporteer aan die besturende direkteur. Die suksesvolle kandidaat se primêre verantwoordlikheid is die uitbreiding van ons markte, nuwe produk ontwikkeling en bemarking asook die uitbreiding van ons sterk verhoudings met kliënte. Kwotasies, kosteberekeninge, besoeke aan koöperasies en boere, skoue en tegniese raad vorm deel van hierdie verantwoordelikhede.

 

Benewens die primêre verantwoordlikheid sal die kandidaat ook operasionele verantwoordelikhede kry. Daar sal verwag word van die kandidaat om skedulering, logistiek, mensebestuur en ander aanleg en produksieaangeleenthede in samewerking met die res van die span te hanteer. Oor tyd kan die kandidaat dan groei tot die rol van Operasionele Bestuurder.

 

Ingesteldheid

  • ‘n Positiewe ingesteldheid met ‘n wil om te presteer
  • Eerlik en hardwerkend
  • ‘n Energieke persoon wat inisiatief neem
  • ‘n Leergierige geaardheid
  • Stiptelik, noukeurig, betroubaar
  • Vriendelik en behulpsaam
  • Iemand wat verantwoordelikheid neem
  • Iemand met die selfvetroue om mense en besighede te nader

 

 Vaardighede

  • ‘n Goeie kommunikeerder
  • Kan in ‘n span werk en ook klein groepe mense bestuur
  • Kom goed met boere en landbou gemeenskap oor die weg
  • ‘n Handige mens met ‘n belangstelling in produksie
  • Wiskundige aanleg om basiese koste somme te kan doen
  • ‘n Belangstelling in basiese meganika
  • Moet basiese tegniese tekeninge kan doen
  • Basiese programmatuur soos Excel, Word en Powerpoint
  • Moet voorleggings kan opstel en mense kan toespreek.
  • Moet produkte kan voorstel en koppel aan die behoeftes van die verbruiker,
  • Afrikaans 100% magtig en vlot, praat dit soos ‘n huistaal. Engels magtig.

 

Kwalifikasies

  • Na-skoolse opleiding (Graad of Diploma) is ‘n vereiste
    • Verkieslik in ingenieurswese of veekunde (maar nie beperk tot dit nie)
  • Verkoops opleiding is nie ‘n vereiste nie
  • Bestuurders lissensie

 

Ervaring                                  

  • Minstens 3 jaar praktiese werkervaring – landbou, produksie of verkope
  • Ervaring in landbou verkope of die koöperasie omgewing
  • Landbouskool en grootwordjare op ‘n veeplaas
  • Ervaring om klein spanne mense te bestuur

Werksomstandighede

Die werksomstandighede is uiters gunstig. Goeie waardes, interessante produkte, fantastiese kliënte. Gevestigde bestuurstelsels en -span, geen verkeersknope en die fabriek is gesluit gedurende Desember vakansies. Die eienaar het ten doel om ‘n jong kandidaat as mentor te groei en ontwikkel.

 

Salaris

Die salaris asook die strukturering daarvan sal afhang van die betrokke kandidaat se ervaring, kwalifikasies en hoe dit pas in die nuwe pos.

 

Aansoeke

  • Doen aanlyn aansoek met M3 Human Capital Management by: www.m3online.co.za
  • Sluitingsdatum: 9 Julie 2025

 

Keuring en Onderhoude

  • Van Schoor sal sekere kandidate kontak vir meer informasie of stawende bewyse

 

Voorbehoud

Van Schoor behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak indien die regte persoon nie gevind word nie