DIY/ADVICE
Beveilig u werf met kwaliteit Van Schoor omheinings materiaal. Sterk gegalvaniseerde staal pale wat ordentlik geplant is kan nie maklik omgestoot word nie. Diamanddraad hou u honde veilig binne die omheinings buffer. ‘n Goed geplante omheining dien ook as n uitstekende vasmaakplek vir elektiese drade en “beams” as jy tegnologie wil inspan. Vir ‘n meer ekonomiese opsie is lemmetjiesdraad ook ‘n bykomende opsie. Rond jou beveiligde werf af met ons beproefde veiligheids hekke of swaardiens skuifhekke.
Al ons hekke en omheiningspale is beskikbaar by jou naaste koöperasie.
Doen dit self
Dit is vir die gemiddelde boer vinnig en maklik om ‘n veiligheidsheining op te sit met sy werkers. Bespaar kostes en wees in volle beheer van jou aankoop deur al jou materiaal direk by jou kooperasie aan te koop.
Lengtes
Daar is verskeie lengtes beskikbaar. Van 1.8 meter tot 3 meter, afhangend van die draad se hoogte. Alle lengtes is ook beskikbaar met of sonder ‘n 450mm skuins oorhang vir lemmetjiesdraad of doringdraad.
Ons Kwaliteit
Ons pale gaan deur ‘n Warm Dompel Galvaniserings (Hot Dip Galvanizing) proses wat die beste galvaniserings metode is en die dikste en gehardste beskermende laag oor jou staal plaas. Die toppe van ons pale kry almal omklink doppe vir die beste roesbeskerming. Ons pale se voete kry elkeen ‘n dwarsstaaf wat die pale stewiger in die sement laat sit. Ons pale se gate is vooraf geboor op die regte lengtes vir die span van die draad.
Advies
Skakel ons gerus vir advies. Indien u vir ons ‘n rowwe skets van die plaaswerf gee en die areas wat u wil toespan, kan ons presies uitwerk wat u benodighede sal wees.
Basiese oprigting notas
Hoekpale is 100mm dik en word op hoeke gebruik asook as ankers vir hekke. Elke hoekpaal word gestut dear twee stutpale in die rigting waarvan die draad getrek word. Hierdie stutpale verseker ‘n stewige anker sodat drade styf gespan kan word. Alle hoeke kleiner as 150 grade het ‘n hoekpaal nodig.
Tussentrekpale is 76mm dik en word ongeveer elke 30m geplat tussen die hoekpale en hekpale, indien die terrein gelyk is. Met ongelyke terrein is meer trekpale nodig.
Lynpale is 48mm dik en word ongeveer elke 3 meter benodig.
Plant jou pale 600mm diep. Gate moet ongeveer 600 x 400 mm groot wees. Vul die gat met sement en laat staan vir ongeveer 2 dae.
Span dan jou spandraad en daarna jou diamonddraad. 3 Spandrade vir 1.2m hoog draad. 4 spandrade vir hoogtes van meer as 1.2m.
Wenke
Pale en stutte met dieslefde langte wees
Ongeveer 1KG binddraad vir elke 20 meter diamanddraad van 1.8m hoogte.
In sandgrond moet die fondasie gate groter as 600 x 400mm wees
Onthou draad krimp en sit uit met temperatuurverskille. Moet dus nie draad tot die maksimum van die vervaardigersvoorskrif spanning span nie.
Maak altyd seker dat jy reguit span